2 Die fonteine van die diep watermassas en die sluise van die hemel het ook toegegaan en die reën uit die hemel het opgehou.
3 Die water het aanhoudend teruggetrek van die aarde af en die water het verminder aan die einde van honderd en vyftig dae
4 en die ark het in die sewende maand, op die sewentiende dag van die maand, op die bergreeks van Ararat gerus.
5 Die water het geleidelik afgeneem tot die tiende maand toe. Op die eerste dag van die tiende maand, het die toppe van die berge sigbaar geword.
6 Dit het gebeur dat, na veertig dae, Noag die venster van die ark wat hy gemaak het, oopgemaak
7 en ’n kraai uitgestuur het wat aanhoudend heen en weer gevlieg het totdat die water weggedroog het van die aarde af.
8 Toe het hy vir homself ’n duif laat wegvlieg om te sien of die water oor die aarde se oppervlakte verminder het,