12 Daar sal maar min mense oorbly nadat Ek met hulle klaar is. Hulle sal baie skaarser wees as die suiwer goud uit Ofir.
13 Die hemel sal skud en die aarde sal uit sy plek geruk word die dag wanneer Ek, die Here die Almagtige, my woede laat losbars.
14 Al die uitlanders wat in Babel bly, sal na hulle eie land toe padgee. Hulle sal terugvlug na hulle eie land en hulle eie mense toe, nes wildsbokke wat gejag word of skape sonder ’n herder.
15 Want as iemand gevang word, sal hy op die plek doodgemaak word.
16 Hulle sal hulpeloos moet staan en toekyk hoe hulle babatjies voor hulle oë doodgemaak word, hulle huise geplunder word en hulle vroue verkrag word.
17 Kyk, Ek gaan die Mediërs opsweep om Babel aan te val, want hulle kan nie met geld omgekoop word nie.
18 Hulle soldate sal die jongmense met hulle pyle afmaai. Daar sal nie genade wees vir die babatjies of die klein kindertjies nie, hulle sal hulle voor die voet doodmaak.