10 In ’n koor klink dit: “En toe, nou is jy net so ’n swakkeling soos enigeen van ons! Ja-nee, jy is een van ons!
11 Jy was gewoond aan pragtige musiek en eerbetoon waar jy vandaan kom. Welkom in die doderyk, hier is jou bed van goggas gemaak en daar is vir jou ’n kombers van wurms!”
12 Koning van Babel, jy wat gedink het jy is soos die môrester wat hoër sit as al die ander sterre, kyk nou net hoe het jy uit die hemel geval! Kyk hoe hulpeloos lê jy hier op die grond, en dit nogal jy, die een wat soveel ander nasies op hulle knieë gedwing en platgeloop het.
13 In jou gedagtes het jy mos vir jouself gesê: “Ek gaan uitstyg bokant God se hoogste sterre. Ek gaan my troon in die hoogste hoogtes maak. Daar ver in die noorde op die hoë berge waar die gode mekaar ontmoet, dit is waar ek gaan bly en soos ’n koning op my troon sit en die wêreld bekyk.
14 Ek gaan bokant die wolke uitklim en soos die allerhoogste God self word!”
15 Maar kyk wat het nou met jou gebeur. Hier is jy in die bodemlose put van die doderyk.
16 Almal wat jou daar sien, sal jou oopmond aangaap en wonder: “Is dit die man wat die hele wêreld geskud het en hulle konings aan die bewe gehad het?