19 maar kyk na jou, jy het nie ’n behoorlike graf nie. Hier lê jy weggegooi soos ’n vrot tak wat niks beteken nie. Jy is sommer saam met die gewone mense wat in die oorlog dood is in ’n groot, gesamentlike graf gegooi. Hulle loop sonder eerbied oor jou lyk terwyl hulle die gat met klippe toegooi.
20 Jy sal nie soos ’n koning begrawe word nie, want jy het jou volk vernietig en jou eie mense laat doodmaak. So ’n skurk sal nooit onthou word nie.
21 Begin die slagting! Die seuns van hierdie koning mag nie toegelaat word om sy werk voort te sit nie. Op grond van wat hy gedoen het, mag hulle nie die kans kry om te regeer of weer stede te bou nie.
22 Ek self gaan Babel aanval, sê die Here, die Almagtige. Ek gaan die koning se nageslag en alles wat aan hom behoort het, uitroei. Daar sal net mooi niks oorbly van alles wat aan hom behoort het nie.
23 Ek sal Babel in ’n moeras verander. Net die uile sal daar wil bly, want Ek gaan hierdie stad met ’n besem wegvee totdat daar niks oorbly nie, sê die Here die Almagtige.
24 Die Here die Almagtige het die volgende eed afgelê: Al my planne sal uitgevoer word net soos Ek My dit voorgeneem het.
25 Ek sal die Assiriërs hier in my land verpletter en hulle op my berge vertrap. So sal Ek my volk bevry van die Assiriërs se oorheersing en die swaarkry wat hulle moes verduur.