1 Daar wag swaarkry op die land wat aan die voet van die Nyl lê, die land vol insekplae.
2 Hulle stuur ambassadeurs met die Nyl in hulle papirusbote. Maar hulle word teruggestuur met die boodskap: Gaan terug na julle eie land toe, die land wat deur riviere deurkruis word. Vat hierdie boodskap vir julle lang mense met die blink vel wat wyd en syd gevrees word omdat hulle so sterk is dat hulle enige volk kan platloop.
3 Wanneer ek op die berg die teken vir die oorlog gee, moet die mense van die wêreld kennis neem. Luister as ek die trompet blaas wat die begin van die oorlog aankondig,
4 want die Here het vir my gesê: Ek sal dinge eers rustig uit my blyplek dophou sonder om in te meng. Ongestoord soos die hittegolwe wat op ’n warm dag uit die grond uit opslaan, soos die mis wat in die somerhitte gedurende die nag in die boorde vorm as dit oestyd is en in die stilte van die môre oor die lande hang.
5 Etiopië sal soos ’n wingerd wees waarvan die bloeityd verby is en die druiwe al begin ryp word. Maar voor hulle kan vrugte dra, word die wingerdlote met ’n snoeimes afgesny en die ranke afgebreek en weggegooi.