15 En die versterkte mure met hulle wagtorings sal Hy omgooi en vernietig.
16 Hy sal al die groot handelskepe op die oop see en in die hawens vernietig.
17-18 Op daardie dag sal die Here almal wat verwaand en hoogmoedig is op hulle plek sit, en al die afgode sal vernietig word. Net die Here alleen sal geëer word.
19 Wanneer die Here die aarde met ’n aardbewing skud, sal die mense in grotte of in gate in die grond gaan wegkruip uit vrees vir die Here en die heerlikheid van sy Goddelike majesteit wat saam met Hom kom.
20 Op daardie dag sal hulle hulle wonderlike goue en silwerafgode net daar in die grotte en gate laat agterbly vir die vlermuise en die rotte.
21 Wanneer die Here die aarde met ’n aardbewing skud, sal die mense in grotte en in skeure in die rotse gaan wegkruip uit vrees vir die Here en die heerlikheid van sy Goddelike majesteit wat saam met Hom kom.
22 Moenie op mense staatmaak nie, dit is net so dan blaas hulle hulle laaste asem uit. Want wat beteken ’n mens nou eintlik?