6 Die Here het my die opdrag gegee om ’n wag uit te sit sodat hy kan rapporteer wat hy sien en hoor.
7 As hy strydwaens en perderuiters met troppe donkies en kamele sien aankom, moet hy hulle fyn dophou.
8 Toe het die wag uitgeroep: “Meneer, ek het dag en nag op my pos in die wagtoring gebly.
9 Kyk, uiteindelik kom daar strydwaens en perderuiters aangery. Skielik skree iemand: Babel het geval, en al die afgode van Babel lê in stukkies op die grond!”
10 O, my volk wat so stukkend getrap lê soos graan wat op die dorsvloer uitgetrap word, alles wat ek vir jou gesê het, is wat ek by die Here die Almagtige, die God van Israel, gehoor het.
11 Die Here se boodskap om Edom se straf aan te kondig: Van Edom af roep iemand na die wag en vra: “Wag, wanneer breek die dag? Wanneer is die nag verby?”
12 Die wag antwoord: “Die môre is amper hier, maar die nag kom weer. As jy weer ’n keer wil kom vra, kom vra gerus.”