13 Ek het probeer om nie te kla nie,maar die pyn het my oorweldig;dit het aangehou vreet aan my soos ’n leeu wat aanhou kou aan die bene van sy prooi. My lewe was verby!
14 My stem het so dun geword dat ek soos ’n swaeltjie geklink het wat piep.Ek het so baie gebid om hulp dat my oë naderhand van moegheid toegeval het.Here, ek is bang, help my, asseblief.
15 Maar wat kan ek sê?Die Here self het hierdie siekte gestuur, ek verstaan dit nie,maar ek weet dat ek vir die res van my lewe die letsels sal dra van wat ek beleef het.
16 Ek het gedink ek moet my mense groet en afskeid neem.Maar, Here, U het my gesond gemaak en ek lewe weer!
17 Dit was goed om hierdie krisis te beleef,want nou besef ek dat U my nie laat doodgaan het nie en al my sonde vergewe het.
18 Iemand wat dood is, kan U tog nie loof en prys nie.Die dooies in hulle grafte hoop nie langer op u getrouheid nie.
19 Dit is net mense wat nog leef wat U kan prys en dankie sê soos ek dit vandag doen. Elke geslag sal vir die volgende geslag van u getrouheid vertel.