3 Dan sal almal wie se name in God se boek opgeskryf is, dié wat die verwoesting van Jerusalem oorleef het, heilig genoem word.
4 Die Here sal die inwoners van Jerusalem se morele vuilheid wegwas. Hy sal die bloed wat in Jerusalem vergiet is, verwyder deur sy Gees wat oordeel en verteer.
5 Dan sal die Here die berg Sion en almal wat daar kom aanbid, beskerm. Bedags sal dit soos ’n wolk lyk en snags sal dit soos rook lyk met helder vlamme daarin. Hierdie magtige teenwoordigheid van die Here sal die hele stad beskerm soos ’n dak.
6 Bedags sal dit skaduwee gee teen die son se hitte, en wanneer die storms en die reën kom, sal dit soos ’n skuilplek wees.