13 Ek is mos die Here jou God. Ek sal jou hande sterk maak. Ek sê vir jou: Hou nou op om bang te wees. Ek self help jou dan.
14 Al is jy klein, Israel, en al voel jy soos ’n wurmpie, Ek sal jou help, sê die Here. Die groot God self gaan jou red, Israel.
15 Ek maak jou soos ’n masjien waarmee ’n mens graan dors, wat nuwe, skerp lemme gekry het. Jy sal selfs berge kan dors en hulle fynmaal. Jy sal heuwels aan flarde kan sny soos graanstoppels.
16 Jy sal hulle uitstrooi in die lug en die wind sal hulle wegwaai. ’n Windstorm sal hulle oor die aarde verstrooi. Dan sal jy sing van blydskap oor die Here. Jy sal die hoë God van Israel loof en prys.
17 Wanneer Israel soos hulpelose mense verniet na water soek, wanneer hulle wil doodgaan van die dors, sal Ek, die Here, hulle gebede verhoor. Die God van Israel sal nie sy volk in die steek laat nie.
18 Ek sal riviere tussen die droë berge deur laat loop. Ek sal fonteine onder in die laagtes laat uitborrel. Ek sal waterpanne in die woestynwêreld gee. Daar sal waterstrome deur droë gebiede vloei.
19 Ek sal sederbome in die woestyn laat groei. Daar sal akasias, mirtebome en olyfbome staan. Waar dit heeltemal droog is, sal Ek sipresse, plataanbome en dennebome plant.