20 Dan sal almal sien wat gebeur het. Hulle sal insien en erken dat dit die Here is wat die wonderwerk laat gebeur het. Die hoë God van Israel het die onmoontlike reggekry.
21 Die Here sê vir die afgode: Kom stel nou julle kant van die saak. Kom wys wat julle kan doen, sê Jakob se Koning.
22 Kom vertel vir ons wat nog vorentoe gaan gebeur. Verduidelik vir ons wat beteken die dinge wat in die verlede gebeur het. Ons sal dan weet wat alles beteken wat nog vorentoe moet gebeur.
23 Sê vir ons presies wat in die toekoms gaan gebeur, dan sal ons weet dat julle regtig gode is. Doen enigiets, goed of sleg, dat ons verbaas kan staan oor wat julle kan doen. Dan sal ons julle aanbid.
24 Ag nee wat, julle is niks werd nie. Wat julle doen, beteken niks. Iemand wat vir julle kies, maak homself belaglik.
25 Ek het ’n sekere man wat in die ooste woon, laat kom. Hy het die ander konings vanuit die noorde aangeval en hulle in die modder getrap. Hy het gemaak soos die pottebakker wat die klei onder sy voete trap.
26 Was daar ’n afgod wat al voor die tyd gesê het dat dit sal gebeur, sodat ons dit voor die tyd kon weet en toegee dat hy reg was? Nee, daar was niemand wat dit kon sê nie. Nie een van ons het so iets voor die tyd gehoor nie. Niemand het enigeen so iets hoor sê nie.