6 Hulle praat mekaar moed in. Hulle sê vir mekaar: “Ons moet nou sterk wees.”
7 Die kunstenaar wat met yster werk, help die een wat met goud werk om gou ’n afgod te maak. Die een wat goud uitklop, staan by die een wat yster op die aambeeld smee. Hulle sê vir mekaar: “Ons vorder goed.” Hulle maak ’n afgodsbeeld en sit hom aanmekaar met klinknaels sodat hy nie uitmekaar kan val nie.
8 Maar jy hoef nie bang te wees nie, Israel. Jy behoort mos aan My. Jy is Jakob wat Ek vir My uitgekies het. Jy is my vriend Abraham se kind.
9 Ek het jou gaan haal by die heel verste plekke op die wêreld. Ek het jou laat kom van die uithoeke van die aarde af. Ek het vir jou gesê: “Kom bid tot My.” Ek het jou vir My uitgekies. Ek sal jou nooit in die steek laat nie.
10 Ek is by jou. Jy hoef nie bekommerd te wees nie. Ek is jou God. Jy hoef nie bang te wees nie. Ek sal jou help. Ek sal jou sterk maak. Ek sal jou met my krag beskerm.
11 Al jou vyande wat so kwaad was vir jou gaan maar sleg daarvan afkom. Almal wat met jou baklei het, sal verdwyn.
12 Jy sal verniet soek na die mense wat met jou rusie gemaak het. Die mense wat teen jou oorlog gemaak het, sal wegraak asof daar nooit sulke mense was nie.