13 Ek het Kores na vore laat kom om geregtigheid te bring. Ek maak alles wat hy doen voorspoedig. Hy sal my stad Jerusalem herbou. Hy sal uit sy eie almal wat weggevoer is, laat teruggaan. Hy sal dit doen sonder dat hy daarvoor betaal word of omkoopgeld daarvoor kry. Dit is wat die Here sê wat oor alles regeer.
14 Die Here sê: Jy sal alles wat Egipte het, in die hande kry. Die artikels waarmee Kus handel dryf, sal na jou toe kom. Die lang mense van Seba sal jou slawe word. Jy sal hulle met kettings boei en hulle wegvoer om vir jou te werk. Hulle sal voor jou buig en hulle sal erken: “Werklik, God is by julle. Daar is nie ’n ander God nie.”
15 Al is U nie ’n God wat ’n mens kan sien nie, is U Israel se God wat sy mense red.
16 Dié wat afgode maak, kom in die verleentheid. Hulle bring skande oor hulleself.
17 Die Here bevry Israel. Hulle sal vir altyd vry wees. Hulle sal in der ewigheid nooit skaam kry of verleë staan nie.
18 Die Here het die lug gemaak. Net Hy is God. Hy het die aarde gemaak. Hy het dit nie gemaak dat dit moet leeg staan nie, maar dat mense daarop kan woon. Hy sê: Ek is die Here. Daar is nie nog ’n ander God ook nie.
19 Ek het nie iets in die geheim gesê nie. Ek het nie daar gepraat waar dit donker en eenkant is nie. Ek het nie vir Jakob se nageslag gesê om na My te gaan soek waar dit eensaam en verlate is nie. Wat Ek, die Here, sê, is reg en regverdig.