1 Babel se afgod Bel het inmekaargesak. Nebo het geknak. Hulle beelde het ’n swaar vrag geword op die rûe van die diere wat hulle moes dra. Hulle gewig druk die pakdiere wat hulle dra, in die grond in.
2 Die gode het ineengestort. Hulle kan die vrag nie langer dra nie. Hulle is saam met die mense wat hulle aanbid as gevangenes weggevoer.
3 Almal van Jakob, almal wat van Israel oor is, moet na My luister. Vandat jy gebore is, het Ek vir jou gesorg. Toe jy ’n babatjie was, het Ek jou in my arms rondgedra.
4 Selfs al word jy oud, sal Ek nog daar wees. Ek sal vir jou sorg tot jy grys is. Ek het julle gemaak. Ek sal vir julle sorg. Ek sal julle dra en julle versorg.
5 Met wie kan julle My vergelyk? Met watter ander persoon kan julle My gelykstel?