1 Kom sit op die grond, Babel. Klim van jou troon af, stad van die Galdeërs. Jy gaan nie meer die pragtige stad wees waarheen almal graag wil kom nie.
2 Gaan maal saam met die slawe meel op die maalklip. Vat die sluier voor jou gesig weg. Lig jou rok tot bo jou knieë op sodat jy deur die riviere kan gaan.
3 Lig dit hoog genoeg op sodat almal jou lyf kan sien en vir jou kan lag. Ek gaan jou straf. Ek sal geen mens oorsien nie.
4 Die God wat ons bevry se Naam is die Here van die gevegsmagte. Hy is die hoë God van Israel.
5 Gaan sit tussen die grafte, stad van die Galdeërs. Jy sal nie meer leier van die volke genoem word nie.
6 Ek was kwaad vir my volk. Ek wou hulle nie meer hê nie. Ek het hulle vir jou gegee om met hulle te maak soos jy wil. Jy het hulle nie gespaar nie. Jy het selfs die ou mense soos slawe laat werk.
7 Jy het gedink dat jy vir altyd die leier van die volke sal wees. Jy het nie gedink wat die gevolge van jou dade gaan wees nie.