7 Israel is die Here die Almagtige se wingerd. Die mense van Juda is die wingerdstokke van wie Hy so baie verwag het. Hy het reg en geregtigheid verwag, maar onreg gekry. In plaas van eerlikheid moes Hy hoor hoe die verontregtes hulle lot by Hom bekla.
8 Dit sal maar sleg gaan met die mense wat huis na huis opkoop sodat daar nie plek oorbly vir ander mense om in te bly nie. Julle palm al die plase in en bou vir julle huise daarop sodat julle die alleeneienaars van al die grond kan wees.
9 Ek het die Here die Almagtige hoor waarsku: Baie van hierdie pragtige, groot huise sal leeg en vervalle bly staan omdat hulle eienaars dood en weg is.
10 ’n Tien hektaar wingerd sal skaars 21 liter wyn oplewer en op ’n land waar daar ses sakke saad gesaai is, sal net een sak vol koring geoes word.
11 Dit sal ellendig gaan met dié wat van vroeg tot laat sit en drink tot hulle dronk is.
12 Daar is volop musiek en drank op hulle partytjies. Maar hulle steur hulle nie aan die Here nie. Hulle is so besig om te fuif dat hulle nie agterkom wat Hy besig is om te doen nie.
13 Omdat my volk My nie wil ken nie, sal hulle in ballingskap weggevoer word. Hulle belangrike leiers sal van die honger doodgaan en die gewone mense van die dors.