19 Wie sal sê dat hulle meegevoel het met wat met jou gebeur het? Jou land is verwoes. Die oorlog het hongersnood vir jou gebring. Wie kan jou troos?
20 Jou seuns lê magteloos op die hoeke van die strate. Hulle is soos wilde diere wat in ’n strik gevang is. Die Here het hulle met sy woede getref. Hy het hulle gestraf.
21 Hoor ’n bietjie hier, julle wat so swaargekry het. Julle loop en steier, maar dit is nie omdat julle dronk is nie.
22 Die Here jou God sal sy volk se lot verander. Hy sê: Ek gaan die beker wat jou so laat steier het, by jou wegvat. Jy hoef nie langer die beker van my woede te drink nie.
23 Ek gaan daardie beker gee vir hulle wat julle verdruk het. Hulle sal dit drink. Hulle het vir julle gesê: “Gaan lê op die grond dat ons oor julle kan loop.” Jy moes op die grond gaan lê dat hulle op jou kon trap en bo-oor jou kon loop asof jy ’n pad is.