3 Die Here sê: Toe julle weggevoer is, het Ek julle slawe laat word. Julle is gevange geneem en nie gekoop nie. Wanneer julle bevry word, sal dit ook nie wees omdat daar met geld vir julle betaal is nie.
4 Die Here sê: My volk het vroeër Egipte toe gegaan en tydelik daar gaan bly. Later was Assirië oor hulle baas.
5 En wat gebeur nou? vra die Here. My volk is sommer net so weggevoer. Dié wat oor hulle regeer, spot met hulle en maak my Naam aanhoudend sleg.
6 Ek sal my volk leer om my Naam te herken. As Ek die dag met hulle praat, sal hulle dadelik weet dit is die Here wat met hulle praat.
7 Dit sal wonderlik wees wanneer iemand van die berge af die goeie nuus uitroep. Hy sal die wonderlike nuus bring van vrede en van bevryding. Hy sal vir Sion sê: “Jou God regeer!”
8 Die wagte wat op die mure van die stad waghou, sal hardop uitroep. Hulle sal almal saam van vreugde skreeu. Hulle sal voor hulle oë sien hoe die Here terugkom na Sion toe.
9 Die murasies van Jerusalem sal saam skreeu en met blydskap juig. Die Here het sy volk jammer gekry. Die Here maak Jerusalem weer vry.