10 Berge kan verskuif word en heuwels kan verdwyn, maar my liefde vir jou sal nooit ophou nie. My ooreenkoms van vrede met jou sal nooit tot ’n einde kom nie. Dit is wat die Here sê wat soveel vir jou omgee.
11 Arme Jerusalem! Jy is deur storms geteister. Niemand het vir jou omgegee nie. Ek gaan jou met sierstene herbou. Ek gaan saffier in jou fondamente lê.
12 Ek sal jou torings met robyne uitlê. Ek sal robyne in jou poorte inmessel. Ek sal edelstene teen jou mure vassit.
13 Die Here self sal jou inwoners leer. Hulle sal vrede en voorspoed hê.
14 Daar sal geregtigheid in die stad wees.Jy hoef nie bang te wees dat ander julle sal kom onderdruk nie. Niemand sal naby jou kom om jou skrik te maak nie.
15 As iemand jou kom aanval, is dit nie omdat Ek dit wil hê nie. Wie ook al jou probeer aanval, gaan seerkry.
16 Ek het die bewerker van yster gemaak wat wapens in die vuur vervaardig. Ek het die soldate gemaak wat met daardie wapens oorlog maak.