3 Jy gaan uit jou nate bars. Jou kinders gaan die ander nasies oorrompel. Hulle gaan in die dorpe bly wat verwoes is.
4 Moenie bang wees dat jy weer in die skande sal kom nie. Moenie huiwer omdat jy dink jy sal weer verneder word nie. Jy hoef nie weer terug te dink aan hoe jy in die skande gekom het toe jy jonk was nie. Jy kan nou maar vergeet hoe jy verneder is toe jy ’n weduwee geword het.
5 Die Here wat jou gemaak het, sal nou jou man wees. Sy Naam is die Here van die magtige leërmag. Die hoë God van Israel sal jou bevry. Hy word genoem die God van die hele aarde.
6 Jy is soos ’n vrou wat weggejaag is en wat seergekry het, soos ’n jong vrou wat op die straat uitgegooi is. Maar die Here roep jou terug en Hy sê vir jou:
7 Ek het jou vir ’n klein tydjie verstoot, maar Ek vat jou nou met groot liefde weer terug.
8 In ’n oomblik van woede het Ek die rug vir jou gedraai. Ek vat jou egter terug met liefde wat nooit sal ophou nie. So sê die Here wat jou bevry.
9 Ek het in Noag se tyd belowe dat Ek nooit weer ’n watervloed oor die aarde sal laat kom nie. Ek belowe nou net so dat Ek nie weer in woede teen jou sal uitbars en jou straf nie.