1 In die jaar toe koning Ussia dood is, het ek die Here in ’n visioen gesien. Hy het op ’n baie hoë troon gesit, en die soom van sy kleed het die tempel gevul.
2 Om Hom was daar serafs. Elkeen het ses vlerke gehad. Hulle het twee van die vlerke gebruik om hulle oë toe te hou sodat hulle nie die Here kon sien nie. Hulle het twee ander vlerke gebruik om hulle naaktheid te bedek en met die ander twee het hulle gevlieg.
3 Terwyl hulle so gevlieg het, het hulle oor en weer vir mekaar geroep: “Heilig, heilig, heilig is die Here die Almagtige! Sy magtige teenwoordigheid sprei oor die aarde soos ’n doek.”
4 Hulle het so hard gesing dat die deure van die tempel in hulle kosyne gerammel het, en die hele tempel het vol rook geword.