6 Een van die wesens het toe ’n gloeiende kool met ’n tang van die altaar af gevat en na my toe gevlieg.
7 Hy raak toe met die kool aan my mond en sê: “Noudat die gloeiende kool jou lippe aangeraak het, is jou skuld weggeneem en jou sonde vergewe.”
8 Toe het ek die Here hoor vra: “Wie sal Ek stuur? Wie sal ons boodskapper wees?”“Ek sal gaan,” het ek gesê, “U kan my stuur!”
9 Toe sê die Here vir my: “Gaan sê vir hierdie volk: Julle sal my stem hoor, maar nie ’n woord verstaan van wat Ek sê nie. Julle sal sien wat Ek doen, maar nie besef wat dit beteken nie.”
10 Verder het Hy vir my gesê: “Maak hierdie volk hardkoppig. Druk hulle oë en ore toe sodat hulle niks kan hoor of sien of verstaan nie, sodat hulle nie na My toe terugkom en vra dat Ek hulle moet gesond maak nie.”
11 Ek vra toe: “Hoe lank sal dit aangaan, Here?”Sy antwoord was: “Totdat al die stede verwoes en verlate is en al die huise leeg staan en die hele land in ’n puinhoop omskep is.
12 Totdat Ek al die mense ver weggevat het en die land heeltemal verlate is.