19 Jou lig sal gedurende die dag nie meer van die son af kom nie. Jy sal nie meer afhanklik wees van die maan wat in die nag skyn nie. Die Here self sal vir altyd jou lig wees. Jou God sal oor jou skyn.
20 Jou dae van hartseer is verby. Jou son sal nooit ondergaan nie. Jou maan sal nooit donker word nie. Die Here self sal vir altyd jou lig wees.
21 Almal van jou volk sal doen wat reg is. Die land sal vir altyd aan hulle behoort. Hulle sal die plante wees wat Ek self daar geplant het. Ek het hulle met my hande gemaak sodat hulle eer aan My kan gee.
22 Die kleinste groepie sal duisende sterk word. Dié wat die minste was, sal ’n groot volk word. Op die regte tyd sal Ek dit alles laat gebeur.