7 Hulle mag nooit kopgee nie. Hulle moet aanhou totdat die Here Jerusalem so herstel het dat die aarde oor hom kan sing.
8 Die Here het ’n belofte aan Jerusalem gemaak. Hy het die krag om by sy belofte te bly. Hy het gesê: Ek sal nooit weer toelaat dat jou vyande jou koring by jou kom afvat om dit te eet nie. Buitelanders sal nie weer die wyn kom uitdrink waarvoor jy so hard gewerk het nie.
9 Hulle wat die koring bymekaargemaak het, sal dit self eet en die Here daarvoor dank. Hulle wat die druiwe gepars het, sal die wyn self drink by die Here se tempel.
10 Gaan uit by die hek. Gaan deur die poort van die stad uit buitetoe. Gaan maak die pad reg vir die volk wat terugkom. Maak die pad weer oop. Vat die klippe uit die pad uit. Sit ’n teken op wat die volke kan sien.
11 Die Here stuur ’n boodskap uit oor die hele wêreld: “Sê vir die inwoners van Sion: Die Een wat jou verlos, is op pad na jou toe. Hy bring sy beloning saam met Hom. Hy laat hulle wat Hy loskoop, saam met Hom kom.
12 Hulle sal die Here se volk genoem word. Hulle is die mense wat die Here vrygemaak het. Jerusalem sal genoem word die geliefde stad. Dit is die stad wat nie aan homself oorgelaat is nie.”