1 Die Here sê: Die stoel waarop Ek sit om te regeer is bo in die lug. Die plek waar Ek my voete sit, is onder op die grond. Waar sal julle dan ’n huis vir My kan bou waarin Ek sal kan bly?
2 Ek het self alles gemaak sodat alles aan My kan behoort, sê die Here. Ek hou daarvan om mense te sien wat nederig is, wat jammer is oor hulle sonde en respek het vir My.
3 Maar daar is mense wat hulle eie kop volg. Hulle doen afskuwelike dinge. Hulle slag bulle om te offer, maar hulle maak ook mense dood. Hulle slag lammers om te offer, maar hulle maak ook honde dood om te offer. Hulle bring offers van graan, maar ook van varkbloed. Hulle brand wierookoffers, maar hulle bid tegelyk tot afgode.
4 Ek het besluit om dinge met hulle te laat gebeur waarvoor hulle bang is. Ek het hulle mos geroep, maar niemand wou My antwoord nie. Ek het met hulle gepraat, maar hulle wou nie luister nie. Hulle het aangehou om te doen wat vir My verkeerd is. Hulle het hulle toegespits op die dinge wat vir My onaanvaarbaar is.