12 Die Here sê: Ek sal voorspoed na haar toe laat kom soos ’n rivier wat vloei. Ek sal die rykdom van ander nasies soos water in haar laat instroom. Soos ’n babatjie sal jy aan haar drink. Sy sal jou ronddra en jou vertroetel.
13 Soos ’n ma haar kind troos, sal Ek julle vertroos. Ek sal julle veilig laat voel in Jerusalem.
14 Wanneer julle sien wat met julle gebeur, sal julle baie bly word. Julle sal nuwe lewe kry soos groen gras wat uitloop. Dit sal duidelik word dat die Here sorg vir hulle wat vir Hom lewe, maar dat Hy sy vyande straf.
15 Kyk, die Here kom met vuur na die wêreld toe. Sy oorlogswaens kom soos ’n stormwind. Hy kom om met die hitte van sy woede en met sy vuurvlamme te straf.
16 Hy kom om met vuur en swaard te oordeel oor almal wat leef. Die Here sal baie laat doodgaan.
17 Die Here sê: Almal sal doodgaan wat hulleself afsonder en hulleself toewy aan die afgodsdiens in die groen parke waar hulle varkvleis en rotte en vleis wat verbode is, eet.
18 Ek weet wat hulle doen en wat in hulle gedagtes omgaan. Die tyd kom dat Ek al die nasies en die taalgroepe bymekaar gaan laat kom. Hulle sal kom en hulle sal sien hoe sterk Ek is.