14 Die kop is die leiers en hulle vriende, terwyl die profete wat so lieg die stert is.
15 Dié wat vir die volk leiding moes gee, het hulle heeltemal mislei; daarom is die mense heeltemal verward en verdwaas.
16 Daarom is die Here nie eens meer opgewonde oor die jongmense nie, en kry Hy ook nie meer die weduwees en die weeskinders jammer nie. Hulle is almal ewe korrup en goddeloos, en die een vertel meer leuens as die ander. Maar die Here se woede het nog nie bedaar nie. Hy is van plan om hulle nog te straf.
17 Hulle goddeloosheid vernietig die land soos ’n veldbrand. Alles word voor die voet deur so ’n brand verteer, nie net die dorings en bossies nie, maar ook die bos. Al wat oorbly, is die rook wat in die lug bly hang.
18 Die woede van die Here die Almagtige versprei soos ’n veldbrand deur die land. Die volk het sy vuurmaakhout geword, elkeen net oor homself bekommerd.
19 Hulle steel kos net waar hulle kan, maar dit is nie genoeg om hulle honger te stil nie. Selfs hulle buurman loop deur onder hulle geplunder.
20 Die broers, Manasse en Efraim, veg teen mekaar. Op hulle beurt val hulle weer vir Juda aan. Ondanks dit alles het die Here se woede nog nie bedaar nie en is Hy van plan om hulle nog te straf.