1 Ek wil sing van u trou en geregtigheid.Here, ek wil U met liedere prys.
2 Ek wil my daaraan toewyom opreg te lewe,maar wanneer kom U na my toe?In my huis wil ek lewemet ’n opregte hart.
3 Ek steur my nie aan bose dinge nie.Ek haat alle valsheid;dit sal nie op my ’n houvas kry nie.
4 Ek sal verkeerde gedagtes verwerpen wegbly van alles wat boos is.
5 Iemand wat sy naaste beskinder,sal ek tot swye bring.Iemand met ’n trotse hart, vol eiewaan,sal ek nie duld nie.
6 Ek let op die getroues in die land,en laat hulle by my woon.Net dié wat opreg lewe,net húlle sal my dien.
7 Bedrieërs sal nie in my huis woon nie,en leuenaars sal nie by my bly nie.
8 Soggens sal ek regspreek,die goddeloses in die land uitroei,en al die bewerkers van kwaadafsny van die stad van die Here.