Psalms 31 NLV

Die Here is my rots en

vesting

2 Here, ek kom na U vir beskerming;moenie dat ek beskaamd staan nie.Red my, want U is regverdig.

3 Luister tog na my en red my gou.Wees vir my ’n rots van veiligheid,’n vesting waarheen ek kan vlug.

4 U is my rots en my vesting.Lei my, wees vir my ’n gidster wille van u Naam.

5 Bevry my uit die vangnet wat hulle vir my gestel het,want U is my sterkte.

6 In u hande gee ek my lewe oor.U het my verlos, Here, troue God.

7 Ek haat dié wat nikswerd afgode dien.My vertroue is op die Here.

8 Ek wil juig en bly weesoor u troue liefde,want U het my ellende gesien,U weet van al my benoudhede.

9 U het my nie oorgegee in die mag van vyande nie,maar my ’n veilige staanplek gegee.

10 Here, wees my genadig,want ek is in nood.My trane verdof my oë.My siel en liggaam kwyn weg.

11 Ek sterf van verdriet;droefheid verkort my lewe.Ellende het my kragte uitgeput;ek kwyn weg van binne af.

12 Al my vyande het my geminag,my bure het my verag,vir vriende was ek ’n verskrikking.Op straat draai hulle weg van my.

13 Ek word vergeet asof ek dood is,soos ’n ding wat vergaan.

14 Ek hoor baie fluisteringe oor my,en daar is angs van alle kante.My vyande span saam teen my;hulle maak planne om my dood te maak.

15 Maar ek vertrou op U, Here,ek sê: “U is my God!”

16 My toekoms is in u hande.Red my van vyande en vervolgers.

17 Laat u guns oor u dienaar skyn,red my deur u troue liefde.

18 Moenie dat ek in skande kom nie, Here,want ek roep tot U om hulp.Laat die goddeloses in die skande kom,en in stilte neerdaal in die graf.

19 Laat die leuenaars stilgemaak word,dié wat vol hoogmoed en veragtingteen regverdiges praat.

20 Hoe groot is die goedheidwat U weggebêre hetvir hulle wat U dien,wat U voor die oë van die mense geeaan hulle wat op U vertrou.

21 U verberg hulle veiligin u teenwoordigheidteen komplotte van mense.U bedek hulle in u skuilplek,veilig van dié wat hulle beskuldig.

22 Prys die Here,want Hy het sy troue liefdeaan my bewys toe ek in nood was,soos in ’n beleërde stad.

23 Toe ek bang was, het ek geroep:“Ek is afgesny van die Here!”Maar U het na my gebede geluistertoe ek na U om hulp geroep het.

24 Getroues, julle moet die Here liefhê!Hy beskerm almal wat getrou is,maar verwaandes straf Hy swaar.

25 Daarom, wees sterk en vol moed,almal wat op die Here vertrou.