2 Here, ons Here,hoe vol majesteit is u Naamop die hele aarde!U heerlikheid is hoër as die hemele.
3 Kinders en babas besing u lof,want U het dié wat sterk is, bestraf,vyand en wreker stilgemaak.
4 Wanneer ek opkyk na die naghemelen ek sien die werke van u vingers,die maan en sterrewat U in hulle plekke geplaas het,
5 wat is die mens dat U aan hom dink,die mensdom dat U vir hulle omgee?
6 U het hom’n bietjie minder gemaakas hemelse wesens,en hom gekroon met roem en eer.
7 U het hom in beheer gestel van alles wat u hande gemaak het.U het vir hom mag gegee oor alle dinge:
8 skape en beeste, alles,en ook die wilde diere van die veld,
9 die voëls in die lug,die visse in die see,en alles wat swem deur die seestrome.
10 Here, ons God,hoe vol majesteit is u Naamoor die hele aarde!