2 Ek roep hardop tot God.Ek roep hardop tot God om na my te luister!
3 In my nood soek ek die Here.Ook in die nag strek ek onvermoeid my hande uit in gebed.Tog het ek geen troos gekry nie.
4 Ek dink aan God, en ek sug,ek peins daaroor en is moedeloos. Sela
5 U verhinder dat ek slaap;van ontsteltenis kan ek nie praat nie!
6 Ek dink aan die dae van vroeër,aan jare van lank gelede,
7 toe ek gesing het in die nag,nagedink het oor sake.Dan vra ek my af in my binneste:
8 Het die Here my vir altyd verwerp?Sal Hy ooit weer sy genade bewys?
9 Het sy troue liefde vir altyd verdwyn?Het sy beloftes tot ’n einde gekom?
10 Het God sy medelye vergeet?Het Hy in toorn sy simpatie onttrek? Sela
11 Ek het gesê: “Dit is my droefheid:dat die Allerhoogste nie optreesoos Hy voorheen gedoen het nie.”
12 Here, ek onthou wat U gedoen het,ja, ek onthou u wonderlike dade van destyds.
13 U dade bly in my gedagtes.Al u werke wil ek bepeins.
14 O God, u weë is heilig.Is daar enige god so magtig soos U?
15 U is die God wat wonders doen!U het u mag aan die nasies getoon.
16 Deur u mag het U u volk gered,die nageslag van Jakob en Josef. Sela
17 Toe die waters U sien, o God,toe hulle U sien, het hulle gebewe,selfs die diepsee het gesidder.
18 Die wolke het reën neergestort,die donderslae het gerammel,u weerligpyle het oral geblits.
19 U donder het gebulder in die storm;weerligstrale het die wêreld verlig!Die aarde het gebewe en geskud.
20 U pad loop deur die see,u weg was deur magtige waters,maar u spoor kon niemand sien nie.
21 Soos ’n kudde het U u volk gelei;Moses en Aäron was hulle herders.