1 Die aarde behoort aan die Here,met alles wat daarop is,die wêreld en alles wat daarop lewe.
2 Die fondamente van die aardehet Hy in die oseane gelê,en dit op die riviere gevestig.
3 Wie mag opklimteen die berg van die Here?Wie mag staan in sy heilige plek?
4 Net hulle wie se dade onskuldig,wie se denke sonder bybedoeling is;wat nie bedrog pleeg nieen nie ’n eed valslik aflê nie.
5 So ’n persoonsal die seën van die Here ontvangen God sy reddersal aan hom reg laat geskied.
6 Só lyk die mense wat Hom dienen die God van Jakob aanbid. Sela
7 Word hoër, o poorte!Word nog hoër, eeue oue deure,sodat die roemryke Koning kan ingaan.
8 Wie is die roemryke Koning?Die Here, sterk en magtig,die Here,onoorwinlik in die stryd.
9 Gaan oop, o poorte!Gaan oop, eeue oue deure,sodat die roemryke Koning kan ingaan.
10 Wie is die roemryke Koning?Die Here, die Almagtige,Hý is die roemryke Koning. Sela