2 Here, straf my nie in u toorn,kasty my tog nie in u woede nie.
3 Wees my genadig, Here,want ek is swak.Maak my gesond, Here,want my liggaam is vol pyne.
4 My hele wese is angsbevange.Hoe lank nog, Here?
5 Kom terug, Here, en red my.Genees my op grond van u liefde.
6 Want wie onthou U in die graf?Wie kan U loof in die doderyk?
7 Ek is vermoeid van verdriet.Snags is my bed deurweek,is my kussing nat van trane.
8 My oë is dof van droefheid,dis verswak weens al my vyande.
9 Gaan weg, al julle kwaaddoeners,want die Herehet na my hulpgeroep geluister.
10 Die Herehet my pleidooi gehoor;die Heresal my gebed beantwoord.
11 Al my vyande sal beskaamden baie verslae wees;in ’n oogwink sal hulle beskaamd weesen omdraai.