1 Uit die dieptes roep ek na U, Here,
2 luister tog na my stem, Here.Let tog goed op die smeking van my gebed.
3 Here, as U ons sondes sou opteken,wie, Here, sou ooit kon bestaan?
4 Maar by U is vergifnis;daarom word U gevrees.
5 Ek wag op die Here, ek wag, en hoop op sy woord.
6 Ek wag op die Here,meer as wagte wag op die môre,wag op die môre.
7 Israel, hoop op die Here,want by die Hereis troue liefde,by Hom is volkome redding.
8 Hy sal Israel bevryvan al hulle sondes.