2 Luister tog, Herder van Israel,U wat Josef soos ’n kudde gelei het.U wat oor die gerubs troon,verskyn tog in u heerlikheid
3 aan Efraim, Benjaminen Manasse.Toon ons u magtige krag!Kom tot ons redding!
4 O God, herstel ons tog!Laat u guns weer oor ons skynsodat ons gered kan word.
5 Here, God die Almagtige,hoe lank sal U kwaad blyten spyte van u volk se gebede?
6 U het vir hulle trane as kos gegee,’n beker vol droefheidlaat drink.
7 U maak ons tot ’n voorwerp van twis vir ons bure.Ons vyande dryf met ons die spot.
8 God Almagtig, herstel ons tog.Laat u guns weer oor ons skynsodat ons gered kan word.
9 U het ’n wingerdstokuit Egipte gaan haal.U het nasies verdryfen dit hier geplant.
10 U het die grond vir hom reggemaak;sy wortels het gegroei en die land gevul.
11 Die berge is oordek met sy skaduwee;die magtige seders met sy takke.
12 Sy ranke het na die Middellandse See toe uitgestoot,en sy takke na die Eufraatrivier toe uitgesprei.
13 Hoekom het U sy mure afgebreeksodat verbygangers dit kan stroop?
14 Wildevarke van die bos verwoes dit,en die wilde diere vreet dit op.
15 God Almagtig, kom tog terug!Kyk neer vanuit die hemel.Ontferm U togoor hierdie wingerdstok,
16 die loot wat U self geplant het,en oor hierdie seunwat U vir Uself grootgemaak het.
17 Laat dié wat u wingerdstok verbranden aan stukke gekap het,tot niet gaanwanneer U hulle teregwys.
18 Versterk die man aan u regterhand,die mensekindwat U vir Uself grootgemaak het.
19 Dan sal ons U nie weer verlaat nie.Laat ons herlewe,dan sal ons weer u Naam aanroep.
20 O Here, God die Almagtige, herstel ons tog.Laat u guns weer oor ons skynsodat ons gered kan word.