1 Die Here regeer! Laat die aarde juig.Laat die talle eilande bly wees.
2 Wolke en duisternis omring Hom.Reg en geregtigheid is die grondslag van sy troon.
3 Vuur gaan voor Hom uiten al sy teenstanders verbrand.
4 Sy weerligte verlig die wêreld.Die aarde sien dit en bewe.
5 Berge smelt soos was voor die Here,voor die Here van die hele wêreld.
6 Die hemele verkondig sy geregtigheid;elke volk sien sy heerlikheid.
7 Almal wat beelde vereer,is tot skande gebring,almal wat roem op hulle nietige afgode;want alle gode moet voor Hom buig.
8 Sion het dit gehoor en is bly,en die stede van Juda juigoor u oordele, Here!
9 Want U, Here,is hoog verhewe bo die hele aarde;U is verhewe ver bo alle gode.
10 Julle wat die Here liefhet,haat dan wat boos is!Hy beskerm die lewe van sy getroues,Hy red hulleuit die mag van goddeloses.
11 Oor regverdigesskyn daar lig,en daar is blydskap vir hulle wat opreg is.
12 Regverdiges, wees bly in die Here,en prys sy heilige Naam!