1 Laat aan my reg geskied, Here,want ek was opregin my doen en late.Ek het op die Here vertrousonder om te twyfel.
2 Toets my, Here,en ondervra my.Ondersoek my motiewe en my toegeneentheid.
3 Want ek is gedurig bewus van u liefde;ek het volgens u waarheid gelewe.
4 Met leuenaars gaan ek nie om nie;met skynheiligesgaan ek nie saam nie.
5 Ek verag die byeenkoms van bose mense,en by die goddeloses sit ek nie.
6 Ek was my handeas teken van my onskulden verskyn voor u altaar, Here,
7 terwyl ek ’n danklied singen vertel van al u wonders.
8 Here, u woonplek het ek lief,die plek waar u heerlikheid woon.
9 Moenie my saam metsondaars wegvee nie.Moenie dat ek saam met moordenaars omkom nie.
10 Hulle hande is gevulmet bose planne,hulle regterhandevol omkoopgeld.
11 Maar ek lewein opregtheid;red my en wees my genadig.
12 My voete staan vas op gelyke grond.Daarom prys ek die Herein die vergadering.