7 In tye wanneer ek in nood is,sal ek U aanroep,want U sal my antwoord.
8 Daar is nie ’n god soos U nie, Here.Niemand kan u werke naboots nie.
9 Al die nasies wat U gemaak het,sal kom en voor U neerbuig, Here;hulle sal u Naam verheerlik.
10 Want U is groot en doen wonderdade.U alleen is God.
11 Leer my u weë, Here,sodat ek in u waarheid kan wandel.Gee my ’n onverdeelde trouom so u Naam te dien.
12 Met my hele hart sal ek U prys,Here, my God.Ek sal u Naam vir altyd verheerlik,
13 want u liefde vir my is baie groot.U het my uit die doderyk gered.