1 Die Here is Koning! Hy is met majesteit beklee.Inderdaad, die Here beklee Homself;Hy omgord Homself met krag.Die wêreld is stewig gevestig;dit kan nie wankel nie.
2 U troon is gevestig van altyd af.U bestaan van ewigheid af.
3 Die riviere het hulle verhef, Here.Die riviere het hulle stem verhef.Die riviere verhef hulle met gedruis.
4 Maar bo die gedreun van baie waters,bo die geraas van die golwe van die see,bo alles is die mag van die Here!
5 U bepalings is onveranderlik.Heiligheid versier u woning, Here,tot in lengte van dae.