22 Staak julle ligsinnigheid, anders gaan julle straf nog erger wees as wat ek gesê het. Die Here, die Almagtige, het reguit vir my gesê dat Hy vasbeslote is om die hele land te vernietig.
23 Ek pleit by julle, luister na my!
24 As ’n boer wil saai, hou hy mos nie net aan om te ploeg en die grond voor te berei nie.
25 As hy die grond klaar voorberei en gelykgemaak het, begin hy mos om die verskillende soorte saad te saai. Die kruie saai hy in klein beddinkies. Op die groot lande saai hy die koring en die gars, en op die kleiner lande saai hy ander gewasse soos lusern.
26 Hy doen dit so omdat sy God hom geleer het om dit te doen.
27 Hy sal tog nooit ’n swaar dorsmasjien gebruik om die fyn saadjies van die kruie in die hande te probeer kry nie. Hy gebruik ’n ligte stok om die saadjies mee uit te tik.
28 As hy die broodkoring dors, gebruik hy wel ’n wa en perde, maar hy doen dit baie versigtig, want hy wil nie alles fyn trap nie.