14 U sien hoe mense swaarkry en seerkry,U sien dit en U sal iets doen.Die mens wat homself nie kan help nie, die weeskind,glo dat U hom sal help, en U sál dit doen.
15 U moet die mens swak maak wat verkeerd doen,U moet die krag van die slegte mens breek.U moet hom straf oor alles wat hy verkeerd doen,hy moet nooit weer verkeerd doen nie.
16 Die Here is Koning vir altyd,die ander volke is weg uit sy land.
17 Here, U het gehoor wat die mense wil hê,die mense wat hulleself nie kan beskerm nie.U laat hulle weer sterk word, U luister na hulle.
18 U doen reg aan die weeskinden die mens wat swaarkry.Niemand op die aarde sal weer slegte dinge doenaan ander mense nie.