1 Hoekom is die volke opstandig,hoekom raas hulle?Dit sal niks help nie.
2 Die konings van die aarde, die mense wat regeer,het bymekaargekom en planne gemaakteen die Here en teen sy gesalfde.
3 Hulle sê: “Ons wil vry word,ons wil hulle nie meer dien nie.Ons wil die toue stukkend breekwaarmee hulle ons vasgemaak het.”
4 Maar die Here wat in die hemel woon,lag vir hulle, Hy spot hulle.
5 En dan word Hy kwaad,Hy praat en Hy laat hulle skrik.
6 Hy sê: “Dit is Ék wat my koning gesalf hetop Sion, my gewyde berg.”
7 Ek, die koning, sal sê wat die Here gesê het.Die Here het vir my gesê:“Jy is my seun,Ek is van vandag af jou Vader.
8 Jy mag vir My vra om al die volke op die aardevir jou te gee,en Ek sal hulle vir jou gee,hulle sal almal aan jou behoort.
9 Jy sal hard oor hulle regeer,soos ’n koning met ’n yster-septer.Jy sal met hulle doen wat jy wil,soos wanneer iemand ’n kleipot stukkend slaan.”
10 Daarom, konings, julle almal wat op die aarde regeer,julle moet verstandig wees en leer.
11 Julle moet die Here dien en Hom respekteer,julle moet Hom prys en bang wees vir Hom,
12 julle moet buig voor sy seun, die koning.As julle dit nie doen nie,dan sal die Here kwaad word,en julle sal sterf,want Hy word gou kwaad.Dit gaan goed met mense wat vradat die Here hulle moet beskerm.