1 ’n Lied wanneer mense na die tempel gaan.Dit was vir ons soos ’n droomtoe die Here dit beter laat gaan het met Sion.
2 Toe het ons gelag en gesing,toe het ander mense gesê:“Die Here het groot dinge gedoenvir hierdie mense.”
3 Die Here hét groot dinge gedoenvir ons, en ons was bly.
4 Here, U moet dit weer beter laat gaan met ons.Dit moet wees soos wanneer daar weer water vloeiin die droë slote in die Suid-land.
5 Mense wat huil wanneer hulle koring saai,sal sing wanneer hulle die koring afsny.
6 Iemand wat loop en huil terwyl hy die saadsak dra,sal loop en sing wanneer hy die gerwe drawat hy afgesny het.