1 ’n Lied wanneer mense na die tempel gaan.Here, U moet dink aan Dawid,U moet dink aan al sy probleme.
2 Dawid het vir die Here iets belowe,hy het ’n gelofte gemaakaan die Sterk God van Jakob.Dawid het gesê:
3 “Ek sal nie in my huis ingaanen op my bed gaan lê nie,
4 ek sal nie gaan slaap nie,
5 ek sal eers vir die Here ’n plek kry,ek sal eers vir die Sterk God van Jakob’n woonplek kry.”
6 Ons het in die stad Efrata gehoor van die kis van God,ons het die kis gekry in die Jaär-veld.
7 Ons het gesê:“Kom ons gaan na die woonplek van die Here,kom ons gaan buig by sy troon.”
8 Here, U moet nou kom, U moet altyd hier wees,U en die kis wat wys dat U regeer.
9 U priesters moet die regte klere dra,die mense wat aan U behoort, moet sing.
10 Dawid was u dienaar,daarom moet U nie nou die koning, u gesalfde, los nie.
11 Die Here het vir Dawid belowe,en die Here sál doen wat Hy belowe het.Hy het gesê:“Ek sal iemand van jou nageslagop jou troon laat sit.
12 As die konings wat ná jou koning sal word,doen wat my verbond sê,as hulle gehoorsaam is aan my wettewat Ek vir hulle geleer het,dan sal hulle seuns ookaltyd en altyd op jou troon sit.”
13 Ja, die Here het vir Sion gekies,Hy wou hê dit moet sy woonplek wees.
14 Hy het gesê:“Hier wil Ek wees, altyd en altyd,hier wil Ek woon, want dit is wat Ek wil hê.
15 Ek sal vir die mense in die stadgee wat hulle nodig het,Ek sal dit altyd meer laat word,Ek sal vir die mense wat niks het niemeer as genoeg gee om te eet.
16 Die priesters in die stad sal altyd weetdat Ek hulle sal red,die mense wat in My glo, sal sing en sing.
17 Ek sal daar vir Dawid ’n seun gee,en die seun sal regeer,Ek sal ’n lamp laat skyn vir my gesalfde.
18 Ek sal sy vyande altyd laat verloor,maar die kroon sal altyd op sy kop blink.”