1 Julle moet die Here prys!Julle moet vir die Here ’n nuwe lied sing,julle moet Hom pryswaar die mense bymekaar is wat in Hom glo.
2 Die mense van Israel moet wys dat hulle bly isomdat die Here hulle gemaak het.Die mense van Sion moet juigomdat die Here hulle Koning is.
3 Hulle moet dans en sy Naam prys,hulle moet vir Hom musiek maakmet die tamboeryn en die lier.
4 Want die Here is lief vir sy volk,Hy laat die mense wenwat hulleself nie kan help nie,Hy sit ’n kransie op hulle kop.
5 Die mense wat in die Here glo,moet juig omdat hulle gewen het,hulle moet sing,ook wanneer hulle op hulle beddens lê.
6 Hulle moet aanhou om God te prys,maar hulle moet skerp swaarde in hulle hande hê
7 sodat hulle die volke kan straf,sodat hulle met die volke kan doenwat die volke met húlle gedoen het.
8 Hulle moet die konings vasmaak met kettings,hulle moet die belangrike mense van die volkevasmaak met yster-boeie.
9 Hulle moet met die konings doenwat die Regter besluit het en geskryf het.Die volke sal die mense respekteerwat in die Here glo.Julle moet die Here prys!