1 ’n Lied van Dawid.My God, U moet my beskerm,ek wil veilig wees by U.
2 Here, ek het vir U gesê ek behoort aan U,al die goeie dinge wat ek het, kom van U.
3 Daar is afgode in hierdie land,en daar is mense wat van hulle houen wat dink dat die afgode heilig en sterk is.
4 Dit sal baie sleg gaan met mensewat in daardie afgode glo.Ek sal nie drank-offers van bloedvir hulle gee nie,ek sal nooit hulle name sê nie.
5 Here, ek het net vir U,dit is net U wat my kan laat lewe,dit is Ú wat besluit wat met my sal gebeur.
6 U laat my woon op ’n plek wat baie mooi is,ek is lief vir die plek wat U vir my gegee het.
7 Ek prys die Here, Hy sê vir my wat ek moet doen,ook in die nag dink ek aan wat U vir my leer.
8 Ek weet die Here is altyd naby my.Ek val nie, want Hy is by my.
9 Daarom, ek is bly, ek juig, ek is altyd veilig,
10 want U sal my nie los nie, ek sal nie sterf nie.Ek glo in U, en U sal my nie in die graf laat kom nie.
11 U leer vir my hoe om te lewe,U leer vir my dat ’n mens wat naby U is,’n dankbare mens is,U leer vir my dat dit altyd lekker is by U.