1 ’n Lied wanneer mense na die tempel gaan.“Ek het baie vyande gehad vandat ek jonk was,”dit moet die volk Israel sê,
2 “ek het baie vyande gehad vandat ek jonk was,maar hulle kon my nie wen nie.
3 Hulle het my rug stukkend geslaan met swepe.Dit het gelyk soos wanneer iemand geploeg heten die grond stukkend gebreek het.
4 Die Here het reg gedoen,Hy het die toue losgesnywaarmee die mense my vasgebind het,die mense wat verkeerd doen.
5 Ek bid dat almal wat vir Sion haat,sal verloor en sal verdwyn.
6 Ek bid dat hulle sal wees soos grasop huise se dakke, gras wat droog wordvoordat dit mooi gegroei het.
7 Niemand kan dit afsny en die gerwe vasbind nie.
8 Niemand sal verbykom en sê:‘Ons bid dat die Here julle sal seën’ nie.Niemand sal sê: ‘Ons seën julle,ons weet dat die Here julle sal seën’ nie.”