1 Vir die leier van die koor: Dieselfde musiek soos die lied oor die parskuip. ’n Psalm van Dawid.
2 Here, ons Here, die hele aarde en die lug daarbowys dat U Koning is en dat U regeer.
3 Ook klein kindertjies sing oor u krag.U vyande moet dit weet,mense wat téén U is, moet stilbly.
4 U het die lug en die maan en die sterre met u hande gemaak.Wanneer ek daarna kyk, dan dink ek:
5 ’n Mens beteken niks.Hoekom dink U aan mense?Hoekom onthou U iemand wat net ’n mens is?
6 U het die mens amper soos ’n engel gemaak,U het vir hom eer gegee en U het hom belangrik gemaak.
7 U laat hom regeer oor alles wat U gemaak het.U het gesê hy is die hoof oor alles:
8 oor die skape en bokke en beeste,ja, oor hulle almal, en oor die wilde diere,
9 oor die voëls in die lug en oor die visse in die see,oor alles wat in die see swem.
10 Here, ons Here, die hele aarde wys dat U Koning is.