1 Vir die leier van die koor: Van Dawid, die dienaar van die Here.
2 Iemand wat verkeerd doen, is opstandigteen die Here, ek weet dit.So ’n mens sê hy is nie bang vir God nie.
3 Hy dink hy is baie wonderlik,hy sien nie dat hy verkeerd doen nieen hy is nie jammer daaroor nie.
4 Wanneer hy praat,dan praat hy oor hoe hy slegte dinge kan doenen mense kan bedrieg.Hy weet nie hoe om verstandigte wees en goed te doen nie.
5 Wanneer hy op sy bed lê, dan dink hywatter slegte dinge hy kan doen,hy kies die pad wat nie goed is nie,hy hou nie op om verkeerde dinge te doen nie.
6 Here, U doen wat U belowe het,U doen dit op die aarde en in die hemel,U bly dieselfde, hier en ook tussen die wolke.
7 U doen reg op die aarde,ook op die hoogste berge,U oordeel reg, ook in die groot, diep water.Here, U red mense en diere.
8 Dit is vir ons kosbaar, o God,dat U doen wat U belowe het.Mense weet dat U hulle sal beskerm.
9 Daar is baie dinge wat mense kan geniet in u tempel,dit is soos strome water wat U vir hulle gee om te drink.
10 Want U gee vir ons die lewe,U gee die lig wat vir ons laat lewe.
11 Here, U moet aanhou doen wat U belowe hetvir die mense wat naby U lewe.U moet aanhou reg doen aan die mense wat eerlik is.
12 U moenie dat hoogmoedige mense op my trap nie,U moenie dat mense wat verkeerd doen, my wegjaag nie.
13 Kyk, die mense wat slegte dinge doen, het geval,hulle lê daar, hulle kan nie opstaan nie.