1 Vir die leier van die koor: ’n Psalm van Dawid.
2 Here, hoe lank sal U my nog vergeet,hoe lank sal U nog aanhouom u gesig weg te draai van my?
3 Hoe lank moet ek nog self planne probeer maak,hoe lank moet ek elke dag huil en treur,hoe lank sal my vyande nog dinkdat hulle sterker is as ek?
4 Here my God, U moet luister en my antwoord,U moet vir my nuwe lewe gee, sodat ek nie sterf nie,
5 sodat my vyande nie kan sê dat hulle gewen hetteen my nie,sodat hulle nie sal juig omdat ek geval het nie.
6 En ek?Ek glo dat U sal doen wat U belowe het.Ek sal juig, want U sal my red,ek sal vir die Here singomdat Hy goed gedoen het aan my.